Dankie vir elkeen se inskrywing vir die tweede FotoFokus kompetisie!

Daar was DUISENDE inskrywings, daarom moes ons die inskrywings ongelukkig vroeër sluit. Intussen het ons 2 kunstenaars wat graag gebruik wil maak van ons opkomende modelle / akteurs / aktrises in hulle musiekvideo’s! Hulle is Monique Steyn en Nadine. Beide verfilm 2 musiekvideo’s eersdaags. In elke ouderdomskategorie is daar 4 wenners wat in ‘n musiekvideo verskyn. Loer gerus of jy die finale rondte gehaal het deur op elke lied te klik, gevolg deur die ouderdomskategorie.

Suid-Afrika bepaal die algehele uitkoms deur middel van stemme wat gestuur word. Elke finalis kry ‘n unieke kode (byvoorbeeld FF801). Hierdie kode word dan gesms na 47620 (sms kos R3). Stemlyne sluit op 31 Mei 2021 middernag en uitslae word kort daarna bekend gemaak.

Voorlopers sal elke aand tussen 18:00 en 22:00 op die webtuiste gelaai word. Hou gerus die Webtuiste gereeld dop!

Jy mag meer as een keer stem!